Regoor die Noord-Kaap versprei staan die Kameeldoringboom afgeëts teen die horison wanneer die son sak. Hy omraam die provinsie waarin ons maatskappy se wortels lê. Hy bied skuiling en kos. Alomteenwoordig staan hy, vas en sterk.
Die stel waardes waarvolgens ons by GWK leef, is ewe diep gewortel. Integriteit, aanspreeklikheid en menswaardigheid maak seker ons bly stewig geanker daar waar ons geplant is.
Niemand leef hierdie waardes méér uit as GWK se mense nie – nou, en in die verlede. Sterk siele wie se spore steeds wyd oor die landskap lê. Ons eer almal wie se skadu’s op die grond agterbly as die dag verby is.
Kliek vir meer inligting