AFR   ENG

GWK Agri

GWK BESPROEIING

GWK Besproeiing bied ‘n professionele een-stop-diens wat behoeftebepaling en besproeiingsoplossings en –onderdele insluit. Ons maak gebruik van baanbreker-tegnologie in die monitering en optimale bedryf van elke spilpunt. Ons is die grootste Valley Besproeiing-agentskap in Suid-Afrika, met spesialiswinkels in ons bedieningsarea. Maak ons jou vennoot in effektiewe besproeiing

Vir ons bepalings en voorwaardes, kliek hier.

Valley - www.valleyirrigation.com


GWK bied ‘n omvattende landboukonsultasie en – ontwerpdiens wat alle besproeiingstelsels en -gewasse dek. Ons bied toegang tot ‘n professionele siviele ingenieur met breedvoerige kennis en ondervinding van landbouprojekte. 

Koste-effektiewe produksie was nog nooit belangriker as nou nie, daarom wil ons waarde tot jou besigheid bydra. Energie-ouditte word gedoen om oneffektiewe energieverbruik in besproeiingstelsels op te spoor – dit sluit die energieverbruik van pompe, hooflyne en in-land-ontwerp in. Ons maak aanbevelings om meer koste-effektief te wees. Vir sonkrag-oplossings werk ons nou saam met ‘n groot rolspeler in die alternatiewe energiemark om sonkrag-oplossings te kan voorsien. Moenie huiwer om ons te kontak vir enige water- of energieverwante behoeftes nie. Ons reik ook watermeter-kalibrasiesertifikate uit.

Al ons produkte word gekeur op grond van gehalte, en aangekoop by betroubare vervaardigers, groothandelaars en goedgekeurde verskaffers.



ONTMOET DIE SPAN





KONTAK ONS




KONTAK ONS




KONTAK ONS




KONTAK ONS




KONTAK ONS




KONTAK ONS




KONTAK ONS
AANWYSERS
KYK
WEER
KYK
BEURTKRAG
KYK
JAARVERSLAE
KYK
MAANDAG - VRYDAG
08:00 - 17:00
E-POS ONS:
emailus@gwk.co.za
BEL ONS:
+27 (53) 298 8200