Voorheen bekend as GWK Pecans, het ons nou ons maatskappynaam en handelsmerkidentiteit verfris, terwyl ons voortgaan om produsente en kopers met dieselfde verbintenis tot gehalte te bedien.
GWK Pecans is in 2018 gestig om die groeiende bedryf te ondersteun en om ’n unieke pekanneutbesigheid te skep wat ons produsente bemagtig. Die maatskappy fokus daarop om in die vraag na hoëgehalte pekanneute in die wêreldmark te voorsien. Ons is gewortel in jare se ervaring en gebou op die fondament wat GWK (as deel van die VKB Groep) bied, en staan nou bekend as The Pecan People.
The Pecan People is die voorkeurmaatskappy vir pekanprodusente en -kopers, en bied kundige dienste vir die suksesvolle produksie en bemarking van pekanneute – plaaslik en internasionaal.
Besoek ons nuwe webwerf hier (onder konstruksie): www.pecanpeople.com