AFR   ENG

WERK VIR ONS

LOOPBAAN OORSIG

Ons is trots daarop om een van die grootste en mees diverse agribesighede in Suid-Afrika te wees. Dié diversiteit word ook weerspieël in ons belangrikste bate: Ons mense. Loopbaanmoontlikhede op verskeie vlakke in GWK sluit onder meer in:

  • Kultivering, verkryging en bemarking van onder meer alle graangewasse, aartappels, lusern, katoen, grondbone, pekanneute en druiwe
  • Safex-handel van produkte
  • Logistiek
  • Meganika en besproeiing
  • Aankope
  • Bemarking van insetprodukte soos kunsmis en saad
  • Navorsing en ontwikkeling
  • Versekering
  • Lewendehawebemarkers, -agente, -adviseurs en -afslaers
  • Eiendomsagente
  • Korporatiewe bestuurders
  • Finansiëel en rekenkundig
  • Menslike hulpbronbestuur
  • Inligtingstegnologie
  • Bemarking en kommunikasie
  • Finansiering
  • Risikobestuur en oudit
  • Sekretariëel

Opleiding en ontwikkeling

Die manier waarop ons besigheid doen, word gelei deur ons waardes. Ons personeel deel en lééf ook ons waardes in ‘n omgewing waar ons geleentheid bied vir groei en persoonlike ontwikkeling.

Beurse

Die Ben Scholtz-beursfonds bied aan studente die geleentheid om ‘n kwalifikasie te verwerf in loopbaanrigtings wat in die GWK Groep bestaan. Hierdie fonds kan aangewend word vir registrasie-, klas- en boekgeld en kandidate wat ‘n kwalifikasie verwerf, word oorweeg vir vakante poste binne die GWK Groep. Indien geen vakante poste beskikbaar is nie, word die beurs omgeskakel na ‘n lening wat aan die Groep terugbetaal word.

Doen hier aansoek vir ‘n beurs

Ander geleenthede

Ons belê in ons mense se loopbaangroei deur vaardigheidsontwikkeling aan GWK-werknemers te bied om spesifieke posvaardighede te ontwikkel. Verder bied ons intern- of leerlingskappe aan skoolverlaters waartydens hulle oor 12 maande ‘n NQF-geakkrediteerde program voltooi en ook ‘n salaris verdien.

Werknemers wat nie gematrikuleer het nie, kry die geleentheid om verskillende vlakke van ABET te voltooi en sodoende hul Graad 12-kwalifikasie te behaal terwyl hulle werksaam is by GWK.

AANWYSERS
KYK
WEER
KYK
BEURTKRAG
KYK
JAARVERSLAE
KYK
MAANDAG - VRYDAG
08:00 - 17:00
E-POS ONS:
[email protected]
BEL ONS:
+27 (53) 298 8200