GWK Infrastruktuur is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanprodukte by moderne fasiliteite.
Ons infrastruktuur word bestuur volgens hoë standaarde wat die beste kapasiteit en veiligheid verseker. Tegnologie en innovering is die kern van ons infrastruktuur, hetsy dit fasiliteite is of die effektiewe aanwending van bates.
Met kliëntediens as ‘n top-prioriteit word ons werksure tydens ontvangseisoene aangepas om lewering so maklik as moontlik te maak vir ons produsente.