GWK besit die Landzicht-handelsmerk en produseer 24 wyne en ʼn brandewyn. Ons druiwe is afkomstig van Douglas, Prieska, Barkly-Wes en die Modderrivier-area. Druiwe word by die Landzicht-kelder versap, waarna die sap gefermenteer word om verskeie Landzicht-wyne te produseer. Druiwesap word ook aan ander kelders verkoop om hulle in staat te stel om hul eie wyne te produseer. Verder bied GWK ook advies en kundige ondersteuning aan sy produsente. Landzicht se wyne is beskikbaar by die kelder in Douglas en uitgesoekte GWK Handelstakke. Keldertoere en wynproeë is beskikbaar, met groter groepe wat ook welkom is (vooraf bespreking is wel nodig) Kleiner groepe kan sonder ʼn afspraak die kelder besoek en ons heerlike Noord-Kaapse wyne proe. Kontak Landzicht by 053 298 8200 of besoek die webwerf en bestel jou Landzicht aanlyn by https://landzicht.co.za/. Sien ons wynproe-opsies: |