AFR   ENG

GWK Farm Foods

GWK FARM FOODS GRAAN

Ons is trots op ‘n lang geskiedenis van 30 jaar in die mark, deur handelsmerke soos Top White en, meer onlangs, GWK Nature’s Farms. Ons produkreeks sluit mieliemeel, koringmeel en pasta in. Die baie unieke, en waarskynlik die belangrikste, eienskap van hierdie produkte is die oorsprong daarvan. 

GWK Farm Foods en die aanlegte word ten volle deur boere besit. Dit is ook hierdie boere wat die rou produkte aan ons meulens lewer om verwerk te word tot heilsame, gesonde produkte. Die gevestigde bron van rou produkte verseker ‘n eenvormige, konsekwente gehalte wat uiteindelik topgehalte verbruikersprodukte lewer – gewasse word in ooreenstemmende gronde, klimaat en variëteite aangeplant. 

Ons ken die oorsprong van ons produkte en kan daarom goeie gehalte waarborg. Ook in die vervaardigingsproses word konsekwente maatreëls toegepas om te verseker dat ons altyd aan ons hoë standaarde bly voldoen. GWK Farm Foods bring die plaas soveel nader.



ONTMOET DIE SPAN




KONTAK ONS



KONTAK ONS


KONTAK ONS
AANWYSERS
KYK
WEER
KYK
BEURTKRAG
KYK
JAARVERSLAE
KYK
MAANDAG - VRYDAG
08:00 - 17:00
E-POS ONS:
emailus@gwk.co.za
BEL ONS:
+27 (53) 298 8200